Cannes-rolprentfees 2013

  Cannes-rolprentfees 2013 

Datum 15-26 Mei 2013
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Audrey Tautou
Getal prente  20 (In Kompetisie)
18 (Un Certain Regard)
9 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  The Great Gatsby
Afsluitingsfliek  Zulu
Palme d'Or  Blue Is the Warmest Colour

Die 66ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 15-26 Mei 2013 gehou.[1] Die regisseur Steven Spielberg was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2] Die Franse aktrise Audrey Tautou was die aanbieder van die opening- en die afsluitingseremonie.[3] Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon.

Die Franse rolprent Blue Is the Warmest Colour het die Palme d'Or gewen. In ’n buitengewone stap het die jurie, in oorleg met die regisseur, besluit om die prys aan die prent se twee hoofaktrises, Adèle Exarchopoulos en Léa Seydoux, toe te ken.[4][5] Die fees is geopen met Baz Luhrmann se The Great Gatsby[6][7] en afgesluit met Zulu van Jérôme Salle.[8][9]

  1. "Festival de Cannes From 15th to 26th May". Cannes (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 13 Desember 2012.
  2. "Steven Spielberg to head up Cannes Film Festival jury". BBC News (in Engels). BBC. 28 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2018. Besoek op 28 Februarie 2013.
  3. "Cannes Film Festival 2013: Audrey Tautou to host opening ceremony". The Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2014. Besoek op 13 April 2013.
  4. "Cannes Film Festival: Awards 2013". Cannes (in Engels). 26 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2016. Besoek op 26 Mei 2013.
  5. "Blue is the warmest colour team win Palme d'Or at Cannes 2013". RFI. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2013. Besoek op 26 Mei 2013.
  6. Zeitchik, Steve (12 Maart 2013). "Cannes 2013: Baz Luhrmann's 'The Great Gatsby' to open festival". Los Angeles Times. Tribune Company. Besoek op 12 Maart 2013.
  7. "Great Gatsby to kick off Cannes Film Festival". BBC News (in Engels). BBC. 15 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2019. Besoek op 15 Mei 2013.
  8. "'Zulu' to Close Cannes Film Festival". Variety (in Engels). Reed Business Information. 12 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2014. Besoek op 12 April 2013.
  9. "Orlando Bloom thriller to close Cannes film festival". BBC News (in Engels). BBC. 12 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 12 April 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search